Meer oor Wellington

TEMA: 2017 –  Brûe Bou

AGTERGROND

Met die 150-jarige viering van Wellington Stasie is verskeie instansies genader om deel te neem aan die feesvieringe in 2013. Die Wellington ATKV Gesinstak het die gedagte geopper om “Konsternasie op die Stasie”: aan te bied.

Dit is ‘n Gemeenskapsfees wat die hele gemeenskap inkorporeer is later die “Op ‘n Stasiefees” geheet.

Elke jaar word die fees gebou om ‘n spesifieke tema en ons fees word dan gedeel met die wêreld daarbuite.

Die “Op ’n Stasiefees” het sinoniem geword waar die grootste melktert in die wêreld gemaak word, tesame met ‘n reuse uitstalling van antieke waens.  ‘n Groot verskeidenheid aktiwiteite word vir oud en jonk aangebied.

WELLINGTON – WAARVANDAAN DIE NAAM?

Hierdie area is voorheen bewoon deur die Khoi en die San mense.  Die eerste blanke ontdekkingsreisiger het die gebied in 1657 betree.  Hier het hy hom vasgeloop in die majestueuse berge.  Die limiete is bereik en die naam Limietvallei ontstaan.  Met die koms van die Franse Hugenote in 1699 het die wamakers industrie sy ontstaan gehad en die vallei word Val du Charron oftewel Wagenmakersvallei.

Malan Wamakers    Die eerste Lady Loch Brug

Om oor die magtige Bergrivier te kom, is ‘n pont gebruik.  Die pont het dikwels omgeslaan en soms was die vloei van die rivier te sterk om oor te gaan.  Dit word toe noodsaaklik dat ‘n brug gebou moet word.  Die eerste houtbrug oor die rivier was die Lady Loch brug.

Die gemeenskap het ‘n eie kerk verlang en in 1840 word die NG Moederkerk gebou en die gemeente stig af van die Paarl.  In daardie selfde jaar word die dorp ‘n munisipale gebied en Wellington word gebore.

DIE HAWEKWABERGE

Wellington lê aan die voet van Groenberg en op die grense die Hawekwaberge.  As jy mooi kyk na die pieke van die Sewe Susters, is die Wellington W duidelik sigbaar.   

DIE GEES VAN WELLINGTON

Die oorspronklike embleem van die Wellington munisipaliteit was Par foi et loyauté (geloof en lojaliteit) weerspieël die gees van gemeenskap.

Die koms van Dr Andrew Murray in 1971 is die geboorte van die huidige onderwyssisteem in Suid-Afrika en die pragtige historiese geboue word gevestig.  Hiervan is Cummings Hall heel moontlik die bekendste.

Cummings Hall

Die Andrew Murray Kerk (NG Moederkerk) staan soos ‘n baken aan die bopunt van Kerkstraat met die standbeeld van Andrew Murray wat uitkyk oor sy gemeente.

WAT MAAK WELLINGTON SO SPESIAAL?

  • Lady Loch Brug – 1853 – tdie oudste brug oor die Bergrivier.  Die oorspronklike houtbrug is vervang deur die oudste staalbrug in die land.

Die Pad na die Noorde word geopen – 1853 – Bainskloofpas

Die eerste stasie buite Kaapstad – 1863 – Wellington Stasie word geopen

Die Krisantevereniging – 1916 – die oudste in die land

Die Klopse – die trots van Wellington

Bains Whiskey – die kampioen graan whiskey in die wêreld

Stokkieskwekery – die grootste in die land.